Verskeie mense oorlede nadat militêre vliegtuig op skool neerstort

Lees ook :

Verskeie mense oorlede nadat militêre vliegtuig op skool neerstort fotokrediet: X

BANGLADESJ. – Minstens 16 mense is oorlede en meer as 100 beseer ná ’n militêre vliegtuig op ’n skool in ’n vuurbal in Dhaka, Bangladesj, neergestort het. Meer as 50 kinders en volwassenes moes hospitaal toe geneem word met brandwonde.

Lees ook: 67 Palestynse burgerlikes gedood wat wag vir noodhulp ná Israeliese aanval

Die Bangladesjiese weermag het bevestig een van hulle opleidingsvliegtuie het op die skool neergestort.

Die regering het gesê die ongeluk sal ondersoek word. Reddingswerkers is steeds op die toneel besig om mense uit die rommel te haal.

Bronne: BBC, Metro, Sky News

Lees ook: 67 Palestynse burgerlikes gedood wat wag vir noodhulp ná Israeliese aanval

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief