SAN FRANCISCO, VSA. – Die vlerk van ’n United Airlines-vliegtuig het die vlerk van nog ’n vliegtuig van dieselfde redery geraak toe dit op pad uit was vanaf die San Francisco-lughawe.
Lees ook: Vliegtuie se vlerke tref mekaar by Ronald Reagan- nasionale lughawe
Vlug 863 van United Airlines was Dinsdag op pad na Sidney, Australië, vanaf die San Francisco-lughawe toe ‘n vlerk van die vliegtuig ‘n vlerk van United Airlines vlug 877, op pad na Hongkong, geraak het.
Die voorval het plaasgevind in ’n gebied waar lugverkeerleiding nie direk met vlugbemanning kommunikeer nie.
Die Federale Lugvaartadministrasie ondersoek die voorval.
Niemand is in die voorval beseer nie en al die passasiers van beide vlugte het die vliegtuie na die voorval sonder probleme verlaat.
Bronne: The Independent, New York Post, New York Times
Lees ook: Vliegtuie se vlerke tref mekaar by Ronald Reagan- nasionale lughawe





