Vervalste goedere onderskep wat glo SA vanaf Mosambiek binnekom

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Polisie het vervalste goedere ter waarde van sowat R2,4 miljoen onderskep wat glo vanaf Mosambiek Suid-Afrika binnegebring is. Twee mans is in hegtenis geneem.

Kapt. Mpho Nonyane-Mpe sê lede van die Ehlanzeni-teen-kapingspan het Vrydag inligting ontvang oor ’n vragmotor wat vermoedelik vervalste goedere vanaf Mosambiek na Nelspruit vervoer. Beamptes het die N4 gepatrolleer en omstreeks 23:30 ’n vragmotor, wat aan die beskrywing voldoen het, opgemerk en gestop. Tydens die deursoeking is 30 bokse seilskoene gevind wat vermoedelik namaaksels van ’n bekende handelsmerk is. Al die items is gekonfiskeer. Die geraamde waarde van die beslaglegging beloop R2,4 miljoen.

Twee verdagtes, onderskeidelik 39 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem en aangekla van die besit van vervalste goedere. Hulle sal binnekort in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief