Die Vryheidsfront Plus sê vyf sleutelvoorwaardes wat deur die VSA gestel is, lê volgens hulle aan die kern van spanning oor handelsbetrekkinge met Suid-Afrika. Leo Bozell III, die VSA-ambassadeur in Suid-Afrika, het dit ook duidelik gemaak. Die VF Plus sê koppe kan stamp oor Lamola se opdrag dat Bozell oor die “ondiplomatiese uitlatings” moet verduidelik.
Corné Mulder, die VF Plus-leier, sê in ‘n verklaring ná ‘n onlangse besoek van die party aan die Withuis, was die vereistes volledig aan die Suid-Afrikaanse regering oorgedra. Hy sê die VSA beskou dit as noodsaaklik vir die normalisering van handelsbetrekkinge tussen die twee lande. Die vyf voorwaardes sluit onder meer in die hantering van die onteieningswet, beleid oor swart ekonomiese bemagtiging, optrede teen haatspraak rondom die lied Kill the Boer, die kwessie van plaasmoorde en ’n hersiening van Suid-Afrika se buitelandse beleid.
Mulder sê voorts Bozell het ook onder meer optimisme oor die vooruitsigte vir ‘n sterker handelsvennootskap uitgespreek en die begeerte om konstruktief saam te werk. Hy het dit terselfdertyd duidelik gemaak dat hy met ‘n uitdruklike mandaat na Suid-Afrika gestuur is en dat pres. Donald Trump die feit dat daar nie op die sleutelvoorwaardes geantwoord is nie, as onaanvaarbaar beskou.
Druk hier om meer te lees.






