’n Oerang-oetang is by die Blackpool-dieretuin in Engeland gebore as deel van pogings om die bedreigde spesie te red. Die “baie spesiale aankoms” is die eerste Borneose oerang-oetang wat in 20 jaar by die dieretuin gebore is.
Dieretuinwerkers sê die baba, ‘n mannetjie wat nog nie ‘n naam het nie, is deel van ‘n teelskema om die bedreigde spesie te beskerm.
Borneose oerang-oetangs word sedert 2016 as kritiek bedreig geklassifiseer ná ‘n groot daling in hulle bevolkingsgetalle.





