Brekende Nuus
Afrikaans

Video: Student (23) van Potch sterf in botsing reg van voor

Volgens Arrive Alive het die ongeluk Vrydag in die vroeë oggendure plaasgevind.

(Fotokrediet: Arrive Alive)
(Fotokrediet: Arrive Alive)

Die 23-jarige JD van den Berg sowel as die bestuurder van ‘n ander voertuig is Vrydag dood in ‘n botsing reg van voor op die Rysmierbult-pad in Potchefstroom.

Volgens Arrive Alive het die ongeluk Vrydag in die vroeë oggendure plaasgevind.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir bystand. Die polisie ondersoek die saak.

Netwerk24 berig JD was besig met ‘n meulenaarsgraad by Sol-Tech in Pretoria.