Video van Kate en William laat tonge meer klap

Lees ook :

Video van Kate en William laat tonge meer klap
Video van Kate en William laat tonge meer klap fotokrediet: X

Lees ook: Stellenbosch-munisipaliteit tweet oor Kate Middleton

VK. – ’n Onlangse video van prinses Kate en prins William wat uit ‘n plaaswinkeltjie in Windsor loop, het skeptici se tonge nog meer laat klap.

Mense vra al maande op sosiale media waar is prinses Kate, wat in Januarie ’n operasie ondergaan het. Sy het vir Moedersdag ’n gedokterde foto op sosiale media geplaas wat die gerugte gestook het dat iets fout is.

’n Video is op sosiale media te sien waarin die egpaar Saterdag met inkopiesakke uit ‘n winkel naby hulle woonplek in Windsor kom. Die vrou wat die video geneem het, het gesê die vrou het bekend gelyk en sy het besluit om hulle af te neem. Sy het gesê Kate lyk “gelukkig en ontspanne”.

Nie almal op sosiale media is oortuig nie en verskeie het gesê dit is nie die prinses van Wallis nie. Ander het gesê dit is ’n ou video wat geplaas is sodat mense kan ophou vra waar sy is.

Kate sal na verwagting binnekort weer haar koninklike pligte hervat.

Bronne: Indy 100, X, Page Six, Toronto Sun

Lees ook: Stellenbosch-munisipaliteit tweet oor Kate Middleton

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief