Lees ook: Prinses Kate vra om verskoning vir gedokterde foto
STELLENBOSCH. – Te midde van gerugte rondom Kate Middleton het Stellenbosch-munisipaliteit besluit om in die pret te deel.
Die munisipaliteit het ’n gedokterde foto op X geplaas met die opskrif “Kensington paleis het so pas ’n foto van Kate Middleton in Stellenbosch vrygestel!”. Hulle het die foto later afgehaal, maar toe weer geplaas met die byskrif: “Kate Middleton geniet rêrig die natuurskoon van Stellenbosch”.
Kate Middleton is laas op Kersdag in die publiek gesien en mense het begin wonder waar sy is na sy in Januarie ’n operasie gehad het. Sy het oor die naweek ’n gedokterde foto op sosiale media geplaas van haar en haar kinders wat mense nog meer laat wonder het. Kate het gesê sy het die foto effens geredigeer, maar volgens die plasing op Instagram het William die foto geneem.
Die prinses is veronderstel om weer teen 31 Maart haar koninklike pligte te hervat.
Bronne: ECR, TDPel Media, The South African
Lees ook: Prinses Kate vra om verskoning vir gedokterde foto





