Video’s: ‘Steve Doen’ – 20 000 aanhangers in die reën, dans met Romi-lee

Lees ook :

Foto: Die Voortrekker Monument Facebook-blad

Video’s in berig

“Pretoria skrik nie vir reën nie. Hier dans ek met my dogter. Ons praat môre. Geseënde Sondag (nie ‘n wolkie in die lug nie!) Dis Albert Bredenhann by Pixelpro se video dié. Dankie.”

Die Voortrekkermonument in Pretoria het Saterdag ‘n ander baadjie aangetrek om die Steve Hofmeyr “Steve Doen” Neil Diamond konsert aan te bied.

20 000 aanhangers het vir die konsert opgedaag.

Niks het egter die gees gedemp of mense die wyk laat neem toe daar reën uitbreek nie. Sy aanhangers het gebly, al het hulle ‘n stoel oor die kop gehad teen die reën.

Die “Steve Doen” Steve vir 2024 word reeds beplan.

Die Voortrekkermonument het die volgende plasing gemaak:

𝟐𝟎 𝟎𝟎𝟎 𝐝𝐚𝐚𝐠 𝐨𝐩 𝐯𝐢𝐫 𝐒𝐭𝐞𝐯𝐞 𝐃𝐨𝐞𝐧, 𝐭𝐞𝐧 𝐬𝐩𝐲𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐫𝐞𝐞̈𝐧

Ongeveer 20 000 Afrikaners het plesierig gebly Saterdagaand 29 April by die Voortrekkermonument (VTM) met die Steve Doen-konsert in die opelug-amfiteater, ten spyte van die reën.

Steve Hofmeyr het ’n Neil Diamond-konsert in die Voortrekkermonument se Amfiteater gehou. Dié konsert sou om seweuur begin, maar teen 18:00 het die eerste druppels reën begin val. Die konsert is met 30 minute uitgestel vir die weer om op te klaar en om almal kans te gee om die konsert by te woon.

Dit het egter nie die skare se moed gebreek nie. Mense het hul stoele bo hul koppe gelig om die reën af te weer en onder sambrele saamgesing. Steve Hofmeyr is met ’n groot gejuig op die verhoog ontvang.

Op ’n papnat verhoog het Steve sy ding gedoen en dié konsert sal oor ’n honderd jaar steeds op mense se lippe wees.

Dit is weereens ’n bewys van die Afrikaner se deursettingsvermoë – dat derduisende mense sopnat in die buitelug dans tydens die konsert van een van Suid-Afrika se mees ikoniese sterre.

’n Volledige orkes het tydens die vertoning Steve se stem ondersteun.

Die lewe en werk van Neil Diamond is op ’n fantastiese wyse oorgedra met ’n uitstekende program wat die beste van Neil Diamond se werk ten toon gestel het.

Dit sou ook nie ’n ware Steve-konsert gewees het sonder om een van Steve se eie liedjies te hoor nie. Steve het die groot konsert afgesluit met niks anders nie as sy mees geliefde lied, Pampoen.

Dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die Voortrekkermonument, sê dit is nie iets wat ’n mens in elke amfiteater sien wanneer daar ’n reënbui uitsak nie.

’n Reënbui wat onverwags losbreek, is nie genoeg om die Voortrekkermonument se planne in die wiele te ry nie, en beslis motivering genoeg vir Afrikaners om steeds plesierig te wees!

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief