CHERNIHIV, OEKRAÏNE. – Vier brandbestryders is beseer en moes na ‘n hospitaal geneem word toe hulle gister in ‘n Russiese hommeltuigaanval in die Chernihiv-streek beseer is.
Lees ook: VSA vernietig ‘dwelmboot’ van Venezuela – drie dood
Die brandbestryders was daar om ‘n brand te blus wat uitgebreek het ná ‘n Russiese hommeltuigaanval op Nizhyn. Nege mense is in Kramatorsk in Donetsk beseer nadat Rusland drie bomme op die stadsentrum laat val het.
Volgens Oekraïense owerhede is vyf burgerlikes dood en 43 beseer in Russiese aanvalle in Oekraïne in die laaste 24 uur.
Bronne: Euronews, RBC Ukraine, Ukrane news
Lees ook: VSA vernietig ‘dwelmboot’ van Venezuela – drie dood





