VSA vernietig ‘dwelmboot’ van Venezuela – drie dood

Lees ook :

VSA vernietig 'dwelmboot' van Venezuela - drie dood fotokrediet: X Skermgreep

INTERNASIONAAL. – Donald Trump het gesê die Amerikaanse weermag het gister ‘n boot wat glo dwelms van Venezuela af vervoer het in internasionale water vernietig. Drie mense is in die aanval oorlede.

Lees ook: VN bevind Israel het volksmoord in Gasa gepleeg

Trump het gesê die boot was op pad na die VSA en dat die drie mans van “gewelddadige dwelmhandelgroepe is”. Hy het geen bewyse gelewer dat daar dwelms op die boot was nie.

Die president van Venezuela, Nicolas Maduro, het die Trump-administrasie beskuldig daarvan dat hulle dwelmhandel gebruik as ‘n verskoning vir ‘n militêre operasie met die doel om “die land te intimideer en ‘n verandering in die regime te weeg te bring”.

Hy het woedend gereageer oor wat hy ‘n “naweekoperasie” genoem het waarin 18 VSA-seesoldate ‘n visvangboot van Venezuela in die Karibiese See aangeval het. “Wat het hulle gesoek? Tuna? Wat het hulle gesoek? Snapper? Wie het die bevel in Washington gegee om 18 mariniers te stuur om ‘n vissersboot aan te val? Hulle was op soek na ‘n militêre voorval. As die tunavissermanne enige wapens gehad het en wapens in Venezuela se jurisdiksie gebruik het, sou dit die militêre voorval gewees het wat die oorlogmakers en ekstremiste wat ‘n oorlog in die Karibiese See wil hê, gesoek het”, het hy gesê.

Bronne: BBC, Euronews, ABC News

Lees ook: VN bevind Israel het volksmoord in Gasa gepleeg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief