Lees ook: Israel en Hamas stem ooreen tot skietstilstand vir polio-inentings
JAPAN. – Vier persone is dood en meer as 90 is beseer na tifoon Sjansjan, die ergste in dekades, Japan gister getref het.
Een persoon word vermis. Honderdduisende huis is sonder krag in Kyushu, waar die tifoon eerste getref het. Honderde vlugte sowel as treindienste is opgeskort.
Die tifoon sal na verwagting oor die volgende twee dae verder oor Japan beweeg. Mense is aangesê om hulle huise te ontruim in gebiede waar oorstromings en grondstortings gevrees word.
Bronne: Wion News, Express, AP News
Lees ook: Israel en Hamas stem ooreen tot skietstilstand vir polio-inentings





