Vier gyselaars dood in Gaza

Lees ook :

Vier gyselaars dood in Gaza
Vier gyselaars dood in Gaza fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Israel waarsku oorlog in Gaza kan aangaan tot einde van die jaar

GAZA. – Die Israeliese weermag het bevestig nog vier gyselaars is in Gaza dood. Drie van die gyselaars was ouer mans wat in Desember in ’n video van Hamas verskyn het om te smeek vir hulle vrylating.

Amiram Cooper, Yoram Metzger en Haim Peri was almal 80 jaar oud of ouer. Die vierde slagoffer was Nadav Popplewell.

Die Israeliese weermagwoordvoerder het gesê die vier mans is saam oorlede in Khan Younis terwyl Israel daar besig was met militêre operasies. Dit is onbekend hoe hulle oorlede is.

Bronne: CBS News, AP News, ABC News

Lees ook: Israel waarsku oorlog in Gaza kan aangaan tot einde van die jaar

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief