OEKRAÏNE. – Die Russiese president Wladimir Poetin het ’n 3-dagskietstilstand vanaf 8 Mei tot 11 Mei vir die oorlog in die Oekraïne aangekondig.
Lees ook: Oekraïne hoop SA sal help om ‘ontvoerde’ kinders terug te kry
Die datums is wanneer die oorwinningsvierings vir die einde van die tweede Wêreldoorlog plaasvind.
Oekraïne se minister van buitelandse sake het ’n onmiddellike skietstilstand van minstens 30 dae geëis na Poetin se aankondiging.
Die aankondiging volg na die Kremlin ’n skietstilstand van 30 uur vir Paasfees aangekondig het, maar albei kante het mekaar beskuldig dat die skietstilstand oortree word.
Poetin het gesê die nuwe skietstilstand is “gebaseer op humanitêre oorwegings” en “Oekraïne moet die voorbeeld volg”. Hy het Oekraïne beskuldig van die oortreding van die skietstilstand tydens Paasfees en het gesê Rusland se weermag sal ’n effektiewe reaksie daarop hê. Poetin het ook gesê “Rusland verklaar weereens dat dit gereed is vir vredesamesprekings sonder voorwaardes met die doel om die probleem met die Oekraïense krisis op te los en ’n konstruktiewe interaksie met internasionale vennote.”
Oekraïne se minister van buitelandse sake het toe reageer met: “As Rusland regtig vrede wil hê, sal dit dadelik ’n skietstilstand instel. Hoekom eers wag tot 8 Mei? Die skietstilstand kan nou plaasvind as dit werklik is en nie vir ’n parade nie”.
Bronne: BBC, CNN, CBS News
Lees ook: Oekraïne hoop SA sal help om ‘ontvoerde’ kinders terug te kry





