Lees ook: Valke vra hulp om man op te spoor wat kan help met ondersoek
PARYS. – Vier verdagtes is in Parys in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde voertuie.
Volgens sers. Josephine Rani het die polisie Donderdag inligting ontvang oor ’n vragmotor, asook ’n voertuig wat daarmee saamgery het, wat vermoedelik op pad na Parys gekaap is. Die polisie het die voertuie voorgekeer en deursoek. Geeneen van die bestuurders kon ‘n bevredigende verduideliking oor die vragmotoreienaar gee nie.
’n Voorlopige ondersoek het daarop gedui die vragmotor se twee sleepwaens is in Sinoville gesteel en die vier verdagtes is in hegtenis geneem.
Bronne: SAPD
Lees ook: Valke vra hulp om man op te spoor wat kan help met ondersoek