Vier insittendes tydens ongeluk onherkenbaar verbrand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Vier insittendes is Maandagoggend in ‘n ongeluk tussen ‘n bakkie en twee motors op die N4-tolpad tussen Karino en Nelsville, buite Mbombela, onherkenbaar verbrand.

Moeti Mmusi, woordvoerder vir die departement van veiligheid, sekuriteit en skakeling, sê twee VW Polo’s was vanaf Karnina na Nelsville op pad toe een van die motors reg van voor met die bakkie gebots en die ander Polo in die ongeluk ingery het. Die oorledenes was insittendes van die Polo wat met die bakkie gebots het. Hulle het verbrand toe die motor aan die brand geslaan het. Die bestuurder van die bakkie het ernstige beserings opgedoen en is na ‘n nabygeleë hospitaal in Mbombela geneem.

Die ongeluk word ondersoek, maar Mmusi sê roekelose verbysteek kan nie in hierdie stadium uitgesluit word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief