Vier jong meisies verdrink op Nuwejaarsdag

Lees ook :

Fotokrediet NSRI

Vier meisies, het op Nuwejaardag in die Oos- en- Wes-Kaap verdrink.

Craig Lambinon, woordvoerder vir die NSRI, sê lede van Port Alfred-NSRI is om ongeveer 18:00 na die Kariega-hoofstrand ontbied nadat twee meisies op die strand uitgespoel het.

Terwyl daar probeer is om die twee meisies, onderskeidelik 10 en 14 jaar oud, se lewens te red, het nog ‘n meisie in die see probleme ondervind.

Omstanders, wat lewensredders wat met vakansie was, insluit, het tevergeefs probeer om die drie te red.

Hulle is op die toneel dood verklaar.

‘n Meisie (8) het ook by die Groot-Brak-riviermonding verdrink.

Die NSRI van Mosselbaai is om ongeveer 17:00 ontbied.

Polisie en nooddienste was op die toneel met hul aankoms.

Ondanks pogings om die meisie se lewe te red, is sy op die toneel dood verklaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief