MILAAN, ITALIЁ. – Vier kinders, tussen 11 en 13 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle ’n vroulike voetganger (71) met ’n gesteelde motor raakgery en op die vlug geslaan het.
Lees ook: Brande in Europa met hittegolf wat temperature oor 40°C druk
Cecilia De Astis (71) is Maandag deur ’n Citroën, wat Sondag gesteel is, raakgery terwyl sy in Milaan geloop het. Die voertuig het daarna in ’n padteken vasgery en die verdagtes het te voet gevlug sonder om die voetganger te help.
Drie seuns en ’n meisie, tussen 11 en 13 jaar oud, is in hegtenis geneem. Volgens Italiaanse media was die bestuurder 13 jaar oud. Dit is moontlik dat die kinders nie verhoor sal word nie, omdat kinders onder 14 jaar oud nie krimineel verantwoordelik gehou kan word nie.
Bronne: The Independent, The Sun, INKL.
Lees ook: Brande in Europa met hittegolf wat temperature oor 40°C druk