Man doodgeskiet op pad werk toe

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Man (44) is Dinsdagogend omstreeks 07:00 op pad werk toe in Heidedal noodlottig geskiet.

Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die slagoffer wou saam met sy broer ’n spoorlyn by East End oorsteek. Hulle het ’n man, geklee in ‘n hoodie, op die sypaadjie sien staan. Toe hulle verby die man was, het hy die oorledene in die rug geskiet. Toe die oorledene val, het die verdagte hom nog twee keer in die kop geskiet, waarna hy weggehardloop het. Die slagoffer is op die toneel dood verklaar.

Die polisie versoek enigiemand met relevante inligting om die verdagte op te spoor om kapt. JJ Wilson 082 455 5968 of 061 501 8007 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief