VRYSTAAT. – Vier kinders is wees gelaat nadat ‘n brand Sondagoggend in Sone 6, Tumahole by hulle huis uitgebreek het.
Sers. Mahlomola Kareli sê die Tumahole-polisie is omstreeks 06:00 na ‘n huis wat brand, ontbied. Lede het hulle na die toneel gehaas. Ses kinders was saam met twee volwassenes in die huis toe die brand uitgebreek het. Vier kinders het saam met hulle ouers in die huis gebly en nog twee kinders het daar gekuier. Bure kon daarin slaag om die kinders, tussen drie en 13 jaar, saam met die twee volwassenes uit die brandende huis te red.
Beide man en vrou is na ‘n plaaslike hospitaal gehaas, waar eers die vrou (34) en daarna die man (40) Dinsdag gesterf het.
Die Tumahole-polisie ondersoek sake van brandstigting, moord en poging tot moord.
Die ondersoek duur voort.





