ILLINOIS, VSA. – Vier mense is dood nadat ’n helikopter gister naby Oos-Alton, Illinois, in kraglyne vasgevlieg en neergestort het.
Lees ook: Bus en trein bots in Kenia
Twee werkers van Ameren wat aan die kraglyne gewerk het, is oorlede nadat die helikopter die kraglyne getref het. Ameren, ‘n elektrisiteit- en gasverskaffer, het bevestig ’n kontrakteur en subkontrakteur was besig met herstelwerk toe die helikopter die kraglyne tref.
Die federale lugvaartadministrasie het bevestig die twee mense in die helikopter het ook omgekom.
Die oorsaak van die ongeluk word deur die federale lugvaartadministrasie en nasionale vervoerveiligheidsraad ondersoek.
Bronne: The Independent, NBC News, NDTV
Lees ook: Bus en trein bots in Kenia