Lees ook: Polisie ondersoek sakeroof
SIYABUSWA. – Vier mense is gisteraand oorlede na ’n skietery by ’n taverne in Siyabuswa. Verskeie mense is in die skietery gewond.
Volgens die polisie het ’n groep gewapende mans glo by die Kgobokwane-taverne ingestorm en op die mense begin skiet.
Drie slagoffers is op die toneel oorlede en nog een in die hospitaal. Die polisie is besig om die saak te ondersoek, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem nie.
Daar is nog geen rede vir die voorval vasgestel nie.
Bronne: SAPD
Lees ook: Polisie ondersoek sakeroof





