Vier mense dood, verskeie beseer in skietery buite nagklub in VSA

Lees ook :

Vier mense dood, verskeie beseer in skietery buite nagklub in VSA fotokrediet: X

CHICAGO, VSA. – Vier mense is dood en 14 is beseer in ’n verbyryskietery buite ’n nagklub in Chicago.

Lees ook: Kill Bill-akteur Michael Madsen oorlede

Die Chicago-polisie het gesê ’n donker voertuig het verby die nagklub gery en die insittendes het geskiet op mense wat buite die nagklub gestaan het.

Volgens plasings op sosiale media was mense besig om die nagklub te verlaat ná ’n albumvrystellingspartytjie vir kletsrymer Mello Buckzz.

Die polisie het gesê die voertuig het onmiddellik weggejaag en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Twee mans, 24 en 25 jaar oud, en twee vrouens, 26 en 27 jaar oud, is op die toneel dood verklaar.

Vier mense is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.

Die motief vir die skietery is onbekend en word ondersoek.

Bronne: BBC, New York Times, The Independent

Lees ook: Kill Bill-akteur Michael Madsen oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief