DUNDEE. – Vier mense is gisteraand in ’n huis in die Mzomusha-gebied in Dundee doodgeskiet.
Lees ook: Tiener (14) skiet haarself per ongeluk dood terwyl sy video opneem
Twee manlike slagoffers was buite die huis toe twee verdagtes opgedaag en hulle doodgeskiet het. Die verdagtes het daarna by die huis ingegaan waar drie vroue teenwoordig was. Die verdagtes het geld en dwelms van die een vrou (29) geëis. Sy en een van die verdagtes het ’n argument gehad en sy is verskeie keer geskiet. Die verdagtes het haar deursoek en ’n onbekende hoeveelheid geld van haar gevat.
’n Meisie (14) is ook verskeie keer geskiet en is op die toneel oorlede. Nog ’n vrou wat in die huis was en ‘n man wat geloop het ná hy die eerste skote gehoor het, het ongedeerd aan die skietery ontkom.
Die motief vir die skietery is moontlik roof, maar volgens die polisie kon die rusie dwelmverwant en ‘n motief vir die moord wees. Die moord word ondersoek.
Bronne: SAPD
Lees ook: Tiener (14) skiet haarself per ongeluk dood terwyl sy video opneem





