WASHINGTON, VSA. – Volgens die polisie in Washington het ’n tienermeisie (14) haarself per ongeluk doodgeskiet terwyl sy besig was om ’n video vir sosiale media op te neem.
Lees ook: Israeliese ambassadewerkers buite Joodse museum in VSA doodgeskiet
Die voorlopige polisie-ondersoek dui daarop dat die meisie die vuurwapen hanteer het terwyl sy besig was om ’n video vir sosiale media op te neem. Die vuurwapen het afgegaan en die koeël het haar in die bolyf getref. Sy was bewusteloos en het later aan haar beserings gesterf. Die vuurwapen is op die toneel gevind.
Volgens die polisie was verskeie mense, insluitend ‘n volwassene, tydens die voorval in die woonstel. Polisiehoof Pamela A Smith het gesê “die voorval is ’n aanmaning van die gevare van vuurwapens … ons harte gaan uit na die familie en vriende van die meisie. Vuurwapens is nie speelgoed nie en moet behoorlik gebêre word in ’n plek waartoe slegs die eienaar toegang het”.
Bronne: The Independent, DC News Now, The Washington Post
Lees ook: Israeliese ambassadewerkers buite Joodse museum in VSA doodgeskiet





