Vier mense in hegtenis wat glo weer brande in Los Angeles wil begin

Lees ook :

Vier mense in hegtenis wat glo weer brande wil begin in Los Angeles fotokrediet: Canva

Lees ook: Dodetal in Los Angeles-brande styg steeds

LOS ANGELES, VSA. – Vier persone is in Los Angeles in hegtenis geneem wat glo probeer het om nuwe brande te stig. Die vier verdagtes is in aparte voorvalle in hegtenis geneem wat buite die brandgevaarsones plaasgevind het.

Een van die verdagtes het glo met opset ’n brand begin naby die brand in Eaton en is aangekla op drie verskillende aanklagte van brandstigting. Hy kan tot nege jaar tronkstraf opgelê word.

Nog ’n verdagte het glo Sondag ’n braai-aansteker gebruik om brande in Hollywood te begin.

Die derde verdagte het glo ’n bos, ook in Hollywood, aan die brand gesteek. Die laaste verdagte is in die weste van Los Angeles in hegtenis geneem na hy glo ’n asblik aan die brand gesteek het. Altesaam 14 mense is tot dusver in hegtenis geneem vir misdrywe, soos die breek van die aandklokreël, tot huisbraak en plundery.

25 persone het tot op hede in die brande omgekom en 814 000 is steeds onder ’n ontruimingsbevel.

Bronne: New York Post, Metro, Daily Mail

Lees ook: Dodetal in Los Angeles-brande styg steeds

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief