Vier vas vir verdwyning van joernalis en lewensmaat

Lees ook :

Foto: Facebook

Vier verdagtes is in aanhouding nadat ‘n deurbraak in die vermiste persone-saak van Aserie Ndlovu, ‘n joernalis, en Zodwa Precious Mdhluli, sy lewensmaat, gemaak is. Hulle is op 18 Februarie laas gesien. Die een verdagte verskyn vandag in die Mamelodi-landdroshof en die drie ander sal later die week in KwaMhlanga-landdroshof verskyn.

Brig. Athlenda Mathe sê genl. Fannie Masemola het die deurbraak, onder leiding van lt.genl. Shadrack Sibiya, die adjunk- nasionale kommissaris van misdaadopsporing, en maj.genl. Zeph Mkhwanazi, die provinsiale kommissaris van Mpumalanga, verwelkom. Die ondersoek het tot die ondervraging en daaropvolgende inhegtenisneming van die vier verdagtes gelei. Volgens die ondersoek was die eerste verdagte wat in hegtenis geneem is, glo die laaste persoon wat saam met die vermiste paar gesien is. Die ander drie verdagtes is in besit van verskeie motoronderdele wat vermoedelik aan die vermiste joernalis behoort het, gevind. Een van die verdagtes is na bewering ’n werktuigkundige wat in die KwaMhlanga-omgewing motors bou en herstel. Twee VW Citi Golfs wat in besit van die verdagtes was, is gekonfiskeer.

Die SAPD het die saak van vermiste persone verander na ’n ontvoering-en-motorkapingsaak. Bykomende klagtes soos huisroof en die besit van gesteelde goedere sal waarskynlik bygevoeg word.

’n Multidissiplinêre span, insluitend misdaad-en-teenintelligensie, die kubermisdaadeenheid, ondersoekbeamptes vir georganiseerde misdaad en ernstige en gewelddadige misdade, die SAPD se lugvleuel en SAPD-hommeltuigvlieëniers, is by die ondersoek betrokke. Die soektog na die vermiste paar en ander verdagtes duur voort. Hierdie is ’n ontwikkelende saak.

“Verdere inligting sal met die publiek gedeel word soos wat dit beskikbaar raak.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief