Lees ook: Man se verbrande liggaam op sportterrein in Pienaar gevind
MMABATHO. – Vier verdagtes wat die week in die hof verskyn het op drie aanklagtes van moord, sal in aanhouding bly.
Mmapula Seletedi (29), Lesego Seletedi (39), Lorato Molefe (37) en Goitseone Seletedi (28) is op 15 Junie 2024 op drie aanklagtes van moord in hegtenis geneem. Die saak is tot volgende week uitgestel.
’n Ma en haar baba, 18 maande oud, is 29 April 2019 as vermis aangemeld. Menslike oorskot is 27 Mei 2019 in ’n puttoilet gekry. Die oorskot was dié van die vermiste vrou. Nog menslike oorskot wat op 21 April 2019 in ‘n puttoilet gekry is, is aan ’n man verbind wat moontlik ’n getuie was.
Bronne: SAPD
Lees ook: Man se verbrande liggaam op sportterrein in Pienaar gevind





