Lees ook: 15 ongedokumenteerde verdagtes in Kleinzee in hegtenis geneem
GAUTENG. – Vier verdagtes is die week in hegtenis geneem in verband met ’n Eskom-bedrogsaak.
Die verdagtes is in hegtenis geneem na bewerings oor ’n tenderkontrak wat Eskom in Maart 2015 uitgegee het.
Die kontrak, V-SAT Network Project, is vir vyf jaar aan Touch Africa Telekoms (Pty) Ltd gegee vir die voorsiening van satellietdienste soos benodig.
Daar is bewerings dat die toerusting nooit by Eskom afgelewer is nie. Die eerste verdagte, Lunga Msengana, wat die projekbestuurder was, het glo geteken dat die toerusting afgelewer is.
Beskuldigde nommer twee, Jacobus Ronald Buitenbach, die direkteur van Touch Africa, het R912 000 van Eskom ontvang vir die tenderproses, maar het die geld glo vir privaat doeleindes gebruik.
Beskuldigde nommer drie, Gabriel Brian Peters, ook ’n Touch Africa-direkteur, het R2 200 000 ontvang van Eskom, maar het die geld na bewering aan sy seun, beskuldige nommer 4, Calvin Rayan Peters, oorgedra.
Die beskuldigdes het op 2 Desember in die hof verskyn, waarna hulle op borg vrygelaat is. Die saak is tot 25 Februarie 2025 uitgestel.
Bronne: SAPD
Lees ook: 15 ongedokumenteerde verdagtes in Kleinzee in hegtenis geneem





