Lees ook: Kindermolesteerder kry 20 jaar tronkstraf
KLEINZEE. – 15 ongedokumenteerde verdagtes, tussen 20 en 46, is die week in Kleinzee in hegtenis geneem.
Die polisie het inligting ontvang oor beweerde onwettige mynaktiwiteite op privaat kommersiële grond in Kleinzee.
Die verdagtes is voorgekeer en in hegtenis geneem. Hulle kon nie dokumentasie toon wat bewys hulle is wettiglik in die land nie.
Daar is beslag gelê op toerusting wat vir onwettige mynaktiwiteite gebruik kan word.
Bronne: SAPD





