Vier witrugaasvoëls in natuur vrygelaat

Lees ook :

Vier witrug-aasvoëls in natuur vrygelaat. Foto: VulPro

KURUMAN, NOORD-KAAP. – Vier witrugaasvoëls is Sondag 25 Februarie 2024 buite Kuruman vrygelaat. Die aasvoëlbewaringsorganisasie, VulPro, beskryf dit as ’n “terugkeer na vryheid” vir die aasvoëls.

Volgens VulPro is die vier aasvoëls aanvanklik gered, gerehabiliteer en van opsporingstelsels voorsien sodat hulle reis gedokumenteer kan word. Die organisasie sê elke klein poging tel om die aarde se biodiversiteit te bewaar.

Nuusflits het destyds oor die bedreiging van witrugaasvoëls berig. In 2018 was daar slegs 3 000 broeipare in Suid-Afrika oor. Sedertdien het baie organisasies soos VulPro ingegryp om die spesie te bewaar en te rehabiliteer.

VulPro het die volgende foto’s van die vrylating gedeel:

Bronne: VulPro, Faceboook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief