Vierjarige in verbyryskietery dood

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Jerimiah Xolo (4) is Sondagaand tydens ‘n verbyryskietery in Zwelisha dood nadat hy in die kop getref is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die operasionele sentrum is omstreeks 21:30 deur oproepe oor ‘n kind wat in die kop geskiet en nie reageer nie, oorweldig. Reaksiebeamptes het hulle na die toneel gehaas, maar met aankoms op die toneel is die kind dood verklaar.

“Reaksiebeamptes het ‘n onderhoud met die pa gevoer wat verduidelik het sy vrou en kind het naby ‘n plaaslike snoepwinkel gestaan toe ‘n wit motor verbyry. Die ma het opgemerk die kind val op die grond en het ‘n kopwond wat geweldig gebloei het. Die kind is feitlik onmiddellik dood.”

Die getraumatiseerde ma het aan die reaksiebeamptes gesê ‘n skoot is van ‘n wit ligte motorvoertuig gehoor.

“Die ma het bygevoeg sy glo ‘n knaldemper is op die wapen gebruik.”

Getuies in die onmiddellike omgewing het gesê hulle het nie ‘n skoot gehoor nie, maar het gesien toe die kind val.

Rusa-beamptes is in 24 na vier moordtonele uitgeroep.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief