Visserman gered wat van rotse geslaan is

Lees ook :

Foto: NSRI

MOSSELBAAI. – ‘n Plaaslike visserman (47) is Donderdag uit die see gered waar hy by Die Punt op Mosselbaai deur ‘n brander van die rotse geslaan is.

Kelly Fourie, NSRI Mosselbaai se adjunk-stasiebevelvoerder, sê hulle het deur ooggetuies gehoor van die man wat van die rotse geslaan is.

Reddingspersoneel het reageer en die man bereik waar hy in die water gedryf het. Hy het tydens springgety visgevang toe die brander hom van die rotse geslaan het. Indien hy na die strand sou swem, sou hy deur rotse beseer word. Bekommerde familielede van hom was op die strand.

‘n Polisieduiker het die visserman met ‘n pienk NSRI-reddingsboei bereik en met hom na agter die branders geswem waar ‘n reddingstuig die twee aan boord geneem het.

Die visserman is deur paramedici geassesseer en daarna in goeie gesondheid met sy familie herenig.

Fourie het alle rolspelers geprys en bedank, veral die visserman wat rustig gedryf het terwyl hy vir hulp gewag het en die polisieduiker wat met hom weg van gevaar geswem het.








facebook sharing button

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief