Lees ook: Hoethi-rebelle wil weerwraak neem na VSA-VK-aanval
JEMEN. – Die VSA en die VK het Saterdag weer 18 Hoethi-teikens in Jemen aangeval.
Owerhede van beide lande het gesê hommeltuie, vuurpyle en onderwater-voertuie is in die aanvalle geteiken.
Die aanvalle volg na die Hoethi’s ’n VK-skip met 40 000 ton kunsmis aangeval het. Daar is kommer dat die kunsmis in die Rooi See kan beland, wat die omgewingskrisis sal vererger.
Die Hoethi’s het sedert November vragskepe in die Rooi See aangeval uit protes teen Israel se oorlog teen Hamas. Hulle het gesê hulle gaan meer aanvalle loods na die nuutste aanval deur die VSA en VK.
Bronne: The Hill, The Times, The Guardian
Lees ook: Hoethi-rebelle wil weerwraak neem na VSA-VK-aanval





