VK reik terreurwaarskuwing vir Suid-Afrika uit

Lees ook :

VK reik terreurwaarskuwing uit vir Suid-Afrika
VK reik terreurwaarskuwing uit vir Suid-Afrika fotokrediet: Canva

Lees ook: Londen-marathon gaan Kevin Kiptum vereer

SUID-AFRIKA. – Die VK-ambassade het ‘n terreurwaarskuwing vir Suid-Afrika uitgereik, asook vir hulle burgers wat na Suid-Afrika gaan reis of wat in Suid-Afrika is.

Suid-Afrika se regering het gesê hulle wag vir die ambassade om bewyse aan hulle te lewer.

Die VK het op hulle webtuiste gewaarsku: “Terroriste sal baie waarskynlik probeer om aanvalle uit te voer in Suid-Afrika”. Hulle het gesê die grootste bedreiging is deur persone wat moontlik deur terreurgroepe geïnspireer is en wat aanvalle “alleen” sal uitvoer.

Die waarskuwing het gesê aanvalle kan openbare plekke teiken wat deur plaaslikes en buitelanders besoek word. Britse burgers is gewaarsku om toeriste bestemmings, winkelsentrum en hoë profiel byeenkomste te vermy.

Die VK het ook 15 ander Afrika-lande op ‘n “rooilys” geplaas terwyl 10 op ‘n “swartlys” geplaas is.

Bronne: BusinessTech, iAfrica,  My Broadband

Lees ook: Londen-marathon gaan Kevin Kiptum vereer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief