Brekende Nuus
Afrikaans

Vlak 6-waarskuwing vir swaar reën uitgereik vir KwaZulu-Natal

Cogta het gesê die reën kan oorstromings veroorsaak, verkeer vertraag en noodsaaklike dienste onderbreek.

Vlak 6 waarskuwing vir swaar reën uitgereik vir KwaZulu-Natal

fotokrediet: Canva
Vlak 6 waarskuwing vir swaar reën uitgereik vir KwaZulu-Natal fotokrediet: Canva

Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel

KWAZULU-NATAL. – ’n Vlak 6-waarskuwing vir swaar reën is uitgereik vir die noordelike dele van KwaZulu-Natal vir vandag.

Cogta het gesê die reën kan oorstromings veroorsaak, verkeer vertraag en noodsaaklike dienste onderbreek.

Rampbestuurspanne is voorberei in alle munisipaliteite. Gebiede wat geraak kan word, is: uMhlathuze, Mtubatuba, Big Five Hlabisa, Nongoma, Jozini, uPhongolo en Umhlabuyalingana plaaslike munisipaliteite.

Die weer word veroorsaak deur die tropiese storm Filipo. Mense word gewaarsku om versigtig te wees en verkieslik nie op die pad te wees nie.

Bronne: IOL, EWN, The Citizen

Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel