VSA. – Die vlieëniers in die Black Hawk-helikopter het moontlik die ongeluk met die American Airlines-vliegtuig veroorsaak deur nie ’n bevel te gehoorsaam om agter die vliegtuig verby te gaan nie.
Lees ook: Vlugopnemer gevind na American Airlines-vliegtuig en Black Hawk-helikopter bots
Die veiligheidsowerhede wat die botsing tussen die helikopter en vliegtuig ondersoek, het gesê die helikopter is 17 sekondes voor die botsing gewaarsku om agter die vliegtuig verby te gaan.
Volgens die nasionale vervoerveiligheidsraad se voorsitter, Jennifer Homendy, het die helikopter moontlik probleme ervaar met hulle kommunikasie en tegnologie. Die helikoptervlieëniers het volgens opnames in die helikopter gesukkel om die lugbeheertoring se bevele te hoor.
Altesaam 67 mense is dood na die helikopter en vliegtuig gebots het terwyl die vliegtuig probeer land het. Die ondersoek het bevind die helikopter het hoër gevlieg as wat toelaatbaar is.
’n Voorlopige verslag sal waarskynlik later die maand vrygestel word oor die moontlike oorsaak van die ongeluk.
Bronne: The Independent, CBS News, New York Times
Lees ook: Vlugopnemer gevind na American Airlines-vliegtuig en Black Hawk-helikopter bots