Vliegtuigongeluk naby Lanseria eis een lewe

Lees ook :

Foto: Lanseria Internasionale Lughawe

GAUTENG. – Die vlieënier van ‘n ligte Cessna 210 vliegtuig is Donderdag, omstreeks 10:00, dood toe sy vliegtuig neergestort het kort ná dit by die Lanseria Internasionale Lughawe opgestyg het. Die (enigste) passasier is in die voorval ernstig beseer en is per lugambulans na ’n hospitaal vervoer.

Sisa Majola, kommunikasiebestuurder van die burgerlugvaartowerheid (SACAA), het aan Nuusflits gesê dat die vliegtuig in die nabygeleë gebied van die Renoster- en Leeu Natuurreservaat neergestort het.

Die Afdeling vir Ongeluk- en Voorval-ondersoeke (AIID) het ondersoekers na die toneel gestuur. Volgens Majola sal ’n voorlopige verslag oor die voorval binne 30 dae vanaf die datum van die ongeluk op die SACAA-webwerf gepubliseer word.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief