TEXAS, VSA. – Twee mense is gister dood in ‘n vliegtuigongeluk naby ‘n vliegveld in Texas, VSA.
Lees ook: Vyf beseer nadat helikopter voor lugskou neerstort
Die vliegtuig het op ‘n parkeerterrein naby die Hicks-vliegveld neergestort. Die ongeluk het ‘n brand in die parkeerterrein veroorsaak en ‘n nabygeleë besigheidsgebou het aan die brand geraak.
Dit is onbekend hoeveel mense in die vliegtuig was tydens die ongeluk en of iemand op die grond beseer is.
Die Federale Lugvaartadministrasie en Nasionale Vervoerveiligheidsraad ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Bronne: The Independent, CBS News, The Sun
Lees ook: Vyf beseer nadat helikopter voor lugskou neerstort





