Vloedslagoffers van Oos-Kaap geïdentifiseer

Lees ook :

Dodetal weens vloede in NMB nou 10 Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Die name van slagoffers wat sedert Sondag in die Nelson Mandelabaai-metro as gevolg van vloede omgekom het, is bekendgemaak.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg sê die storms en hewige reën het skade in Kwanobuhle, Kariega, Walmer, Blue Horizon Bay en Kamesh teweeggebring.

Alutha Brown (4), Ndumiso Booysen (41), Tamsanqa Plaatjies (62) en Thandixolo Jonas (46) het in Kwanobuhle omgekom, terwyl Abronita Adams (18) in Kamesh gesterf het. Clive Noah (72) het in Kariega en Sicelo Lusipho (32) in Walmer hulle lewens verloor.

Van Rensburg sê die liggaam van ‘n vrou wat Sondag in die Rocklands-area (Kabegapark) vermis geraak het, is vanmiddag omstreeks 13:00 deur die honde-eenheid, asook die redding-en-duikeenheid in die Brakrivier in Rocklands gevind. Haar naasbestaandes moet nog verwittig word.

Geregtelike doodsondersoeke is vir al die sterftes geopen.

Die soektog na vermiste persone duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief