Vlootvaartuie pryk in Simonstad voor Will For Peace 2026-oefening vandag afskop

Lees ook :

Foto's: Boitumelo Choene

Meer foto’s in berig.

WES-KAAP. – Twee skepe van China, die Tangshan en die Taihu, het Woensdag ter voorbereiding van die Will For Peace 2026, wat van vandag (Vrydag) tot 16 Januarie 2026 in Suid-Afrikaanse territoriale waters plaasvind, aangekom. Die multinasionale maritieme oefening word deur China gelei.

Luidens ‘n verklaring van die Suid-Afrikaanse nasionale weermag is die oefening daarop gemik om samewerking, operasionele gereedheid en maritieme veiligheid te versterk. Die oefening bied ’n platform vir deelnemende vlootmagte om beste praktyke uit te ruil en gesamentlike operasionele vermoëns te verbeter, wat bydra tot die veiligheid van skeepsroetes en streeks- maritieme stabiliteit.

As deel van die voorbereidings het maj.genl. Godfrey Thulare, bevelvoerder van die gesamentlike operasionele hoofkwartier, Donderdag ’n inligtingsessie bygewoon en terreinbesoeke by die vlootbasis in Simonstad afgelê.

Volgens verskeie berigte sal die oefening nie net Suid-Afrika en China insluit nie, maar ook ander lande se vlootmagte. Skepe van Iran het reeds in Suid-Afrikaanse waters aangekom. Daar word verwag dat Rusland ook sal deelneem, alhoewel amptelike besonderhede oor elke deelnemende staat nog nie deur die regering bevestig is nie

Bronne: SANW, EWN, Daily Maverick, Business Insider Africa

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief