Kyk: Vliegtuig en helikopter bots

Lees ook :

Kyk: Vliegtuig en helikopter bots fotokrediet: X

Lees ook: Suid-Koreaanse vliegtuig raak aan brand op lughawe

WASHINGTON, VSA. – ’n Vliegtuig van American Airlines en ’n Black Hawk- militêre helikopter, wat op ’n opleidingsvlug was, het gisteraand in Washington gebots.

Die helikopter en die vliegtuig het albei na die botsing in die lug in die Potomac-rivier geval.

Reddingswerkers is op soek na enige oorlewendes, maar nog niemand is lewend gevind nie. Daar word gevrees dat al 64 persone wat op die American Airlines-vlug was, dood is, asook die drie militêre beamptes in die Black Hawk-helikopter.

Die ongeluk sal deur die Nasionale Vervoerveiligheidsraad (NTSB) en Federale Lugvaartadministrasie ondersoek word.

Bronne: The Independent, Business Insider, New York Post

Lees ook: Suid-Koreaanse vliegtuig raak aan brand op lughawe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief