Kyk: Vliegtuig en helikopter bots

Lees ook :

Kyk: Vliegtuig en helikopter bots fotokrediet: X

Lees ook: Suid-Koreaanse vliegtuig raak aan brand op lughawe

WASHINGTON, VSA. – ’n Vliegtuig van American Airlines en ’n Black Hawk- militêre helikopter, wat op ’n opleidingsvlug was, het gisteraand in Washington gebots.

Die helikopter en die vliegtuig het albei na die botsing in die lug in die Potomac-rivier geval.

Reddingswerkers is op soek na enige oorlewendes, maar nog niemand is lewend gevind nie. Daar word gevrees dat al 64 persone wat op die American Airlines-vlug was, dood is, asook die drie militêre beamptes in die Black Hawk-helikopter.

Die ongeluk sal deur die Nasionale Vervoerveiligheidsraad (NTSB) en Federale Lugvaartadministrasie ondersoek word.

Bronne: The Independent, Business Insider, New York Post

Lees ook: Suid-Koreaanse vliegtuig raak aan brand op lughawe

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief