Vlugte na Midde-Ooste vir nog ‘n week opgeskort

Lees ook :

Vlugte na Midde-Ooste vir nog ‘n week opgeskort
Vlugte na Midde-Ooste vir nog ‘n week opgeskort fotokrediet: Canva

Lees ook: VSA stuur duikboot na Midde-Ooste na kommer oor Iran-aanval toeneem

MIDDE-OOSTE. – Die Lufthansa-groep het vlugte na die Midde-Ooste vir nog ‘n week opgeskort.

Vlugte van en na Tel Aviv, Tehran, Beiroet, Amman en Erbil is tot 21 Augustus opgeskort. Die groep se maatskappy, wat Swiss Airlines, Austrain Airlines, Brussels Airlines en Eurowings insluit, het gesê persone met kaartjies kan hulle vlugte tot en met 31 Augustus gratis kanselleer.

Die aankondiging volg oor kommer dat Iran Israel die week gaan aanval.

Nog maatskappye, insluitend Air France en Ryanair, het ook hulle vlugte na die Midde-Ooste gekanselleer.

Daar is kommer dat Iran Israel teen Donderdag sal aanval uit weerwraak vir die dood van Hamas- en Hezbollah-leiers in Beiroet en Tehran.

Bronne: DW – South Africa, The Indian Express, Middle East Monitor

Lees ook: VSA stuur duikboot na Midde-Ooste na kommer oor Iran-aanval toeneem

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief