GASA. – Die VN se veiligheidsraad het ten gunste van Donald Trump se 20-punt plan vir Gasa gestem met 13 lande wat ten gunste daarvan gestem het en geen lande wat daarteen gestem het nie. Rusland en China het nie deelgeneem aan die stemming nie.
Lees ook: VN bevind Israel het volksmoord in Gasa gepleeg
In die tweede fase van die skietstilstand moet Hamas hulle wapens opgee, ‘n internasionale stabiliseringsmag (ISF) sal ontplooi word en ‘n oorgangsadministrasie sal gevorm word om Gasa te regeer.
Hamas het die plan verwerp omdat dit nie “Palestynse burgers se regte en eise in ag neem nie” en het gesê die plan “dwing ‘n internasionale voogmeganisme af op die Gasa-strook wat ons mense en hulle faksies verwerp”.
Die goedgekeurde plan verwys na ‘n proses om Palestina ‘n onafhanklike staat te laat word, ‘n ideaal wat Israel heftig teenstaan.
Bronne: DW – South Africa, ABC News, BBC





