Brekende Nuus
Afrikaans

Vodacom en Makate ontmoet die week oor moontlike skikking in Please Call Me-saak

Makate beweer hy het die idee vir Please Call Me uitgedink toe hy by Vodacom gewerk het en is nooit daarvoor betaal nie.

Vodacom en Makate ontmoet die week oor moontlike skikking in Please Call Me-saak

fotokrediet: Canva
Vodacom en Makate ontmoet die week oor moontlike skikking in Please Call Me-saak fotokrediet: Canva

Lees ook: Nkosana Makate sal weer met Vodacom onderhandel oor Please Call Me

Vodacom en Kenneth Makate gaan die week ontmoet om ‘n skikking te bespreek om die Please Call Me-saak buite die hof af te handel.

Makate beweer hy het die idee vir Please Call Me uitgedink toe hy meer as twee dekades gelede by Vodacom gewerk het en is nooit daarvoor betaal nie. Na jare se hofsake het die hoogste hof van appèl beslis Vodacom moet hom tussen R29 miljard en R63 miljard betaal.

Vodacom het gesê hulle kan nie die bedrag bekostig sonder “ernstige gevolge” nie en is na die konsitusionele hof om teen die beslissing te appeleer.

Makate het gister gesê Vodacom het hom genader om te ontmoet oor ‘n skikking en hy het ingestem. Hy het verder gesê sy saak sal Maandag in die konstitusionele hof voorkom.

Bronne: BusinessTech, Moneyweb, TechCentral

Lees ook: Nkosana Makate sal weer met Vodacom onderhandel oor Please Call Me