Voëlklip eis soveelste slagoffer

Lees ook :

Foto's: Jacqui Herbst

WES-KAAP. – Die berugte Voëlklip in Heroldsbaai het vroeër vandag die lewe van ‘n vrou geëis.

Sers. Christopher Spies sê aan Nuusflits nooddienste is steeds op die toneel waar ‘n voertuig vanoggend oor die krans die see ingestort het. ‘n Soektog het tot die ontdekking van ‘n vrou se liggaam gelei. Die proses om die liggaam van die vrou uit die see te haal, is steeds aan die gang.

Die omstandighede van die vrou se dood word ondersoek. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Nuusflits het owerhede, sowel as die munisipaliteite in die omgewing, vir kommentaar genader om vas te stel wat gedoen word om hierdie insidente te keer of te verminder. Dit is reeds jare wat Voëlklip telkemale die lewens van individue en of hulle gesinne kos.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief