Brekende Nuus
Afrikaans

Voertuig beland in swembad tydens mediese noodgeval

Inwoners kon die bestuurder veilig uit die motor uit die swembad haal.

Bestuurder van voertuig met mediese probleem jaag in swembad in
Foto's: IPSS Medical Rescue

Die bestuurder van ‘n voertuig het Donderdagaand, 1 Junie 2023 in ‘n swembad in Tongaat in KwaZulu-Natal ingery.

IPSS Medical Rescue is na ‘n woning ontbied waar ‘n SUV in ‘n swembad beland het.

Die bestuurder van die voertuig het glo ‘n mediese noodgeval ondervind, waarna hy beheer oor die voertuig verloor het en met die voertuig in die swembad in is.

Inwoners kon die bestuurder veilig uit die motor haal nog voor paramedici opgedaag het.

Hy is op die toneel vir matige beserings behandel voordat hy na ‘n nabygeleë fasiliteit geneem is.

Community Emergency Response Team en inwoners is vir hul bystand op die toneel bedank.