Voertuig in sloot, man met noodlottige skietwonde aangetref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die Mankweng-polisie het Sondagaand ‘n voertuig langs die R71, naby ‘n oornagverblyffasiliteit, in ‘n sloot aangetref. ‘n Man (50), die bestuurder van die voertuig, is daar naby met skietwonde aangetref en na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas, waar hy dood verklaar is.

Kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits die polisie is omstreeks 23:30 na die toneel ontbied en het met aankoms die wit sedan in ‘n sloot en die bestuurder met skietwonde aangetref. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffer deur twee onbekende verdagtes in die voertuig geskiet is. ‘n Soektog is na die verdagtes geloods wat te voet van die toneel gevlug het. Ooggetuies beweer die verdagtes het Zoeloe gepraat. ‘n Saak van moord is geopen.

Enigiemand met relevante inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, word gevra om sers. Samuel Malemela by 76 749 8403 te bel.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief