Voertuig meters teen wal af

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Silwerkleurige Toyota Fortuner is Sondagaand nadat dit onverklaarbaar die pad byster geraak het op die M27 in die Waterloo-area verskeie meters teen ‘n wal af.

Reaction Unit South Africa sê hulle is na 21:00 na die toneel ontbied waar die bestuurder van die Fortuner in die voertuig vasgekeer was.

Ethekwini se brand-en-reddingsdienste het op die toneel aangekom om die bestuurder te bevry.

Omstandighede van die ongeluk is nie bevestig nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief