Voorkeur aan buitelandse leerlinge in skole ontken

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in die provinsie, het bewerings verwerp dat buitelandse leerlinge bo Suid-Afrikaanse leerlinge met plasings by openbare skole voorkeur kry. Altesaam 2 763 gr. 1- en gr. 8-leerlinge in die provinsie is nog nie in skole geplaas nie.

Volgens Steve Mabona, onderwyswoordvoerder, het die departement geen beleid wat dit toelaat nie en word Suid-Afrikaanse leerlinge ingevolge wetgewing en bestaande toelatingsprosesse geprioritiseer. Chiloane het voorts bygevoeg dat oortreders aan dissiplinêre stappe onderwerp sal word.

Leerlinge is weens beperkte kapasiteit by sommige skole, veral in Ekurhuleni en Johannesburg, nog nie geplaas nie. Chiloane het gesê die departement werk om beskikbare plekke te identifiseer en alle kwalifiserende leerlinge te akkommodeer.

Lees die volledige verklaring hier onder.


 

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief